top of page
final.png
mobile finaal.png

Certified Trauma

Informed Somatic

Weight Loss

Hier gebeur die regte werk agter emosionele eet, gewigsverlies en die patrone wat jou terug hou.

Jy weet presies wat om te doen. Jy weet wat jy moet eet. Jy weet wat jou plan is. Jy weet jy wil gewig verloor, maar dan raak jy moeg, gestres, oorweldig,  frustreerd  of jy het net ’n horrible dag.

En skielik is daardie koek, chips of takeaway baie belangriker as jou plan.

Jy eet. Dan voel jy skuldig. Dan dink jy: “Wat is fout met my?”

So jy belowe jouself: "Môre is ek weer goed."

En daar begin dit van voor af.

Maandag → probeer → sukkel → emotional eating → skuld → “flip dit” → weer begin.

As jy al jare lank in hierdie cycle sit, is jy nie alleen nie en jy is ook nie gebreek nie.

Certified NLP Coach

Kom ons wees eerlik.

Jy het waarskynlik al genoeg diëts probeer om ’n klein biblioteek oop te maak.

Keto. Low carb. Calories. Macros. Intermittent fasting. Shakes. Meal plans. Geen suiker vir 30 dae nie. “Ek eet niks na 6 nie.” “Ek begin Maandag.” “Ek begin ná die vakansie.” “Ek begin ná hierdie naweek.”

En vir ’n rukkie werk dit.

Totdat dit nie meer werk nie.

Want jy probeer steeds die kos beheer… terwyl niemand jou geleer het om te verstaan wat gebeur voor jy by die kos uitkom nie.

Because your weight has a story.

Jou skaal kan vir jou sê hoeveel jy weeg.

Maar dit kan nie vir jou sê:

Hoekom jy eet wanneer jy nie honger is nie.
Hoekom jy jouself saboteer wanneer dinge moeilik raak nie.
Hoekom een “slegte” maaltyd in ’n hele naweek van eet verander nie.
Hoekom jy alles-of-niks leef nie.
Hoekom jy elke keer terug gaan na dieselfde gewig nie.

HIER kyk ons nie net na die bord nie, maar na die vrou agter die bord.

Certified Diet Coach

Certified NLP Coach

Certified Life Purpose Coach

Ek was ook die vrou wat geweet het wat om te doen, maar steeds met emosionele eet gesukkel het. Nadat ek self 30 kg verloor het en my eie patrone moes leer verstaan en verander, het ek besef: gewigsverlies gaan oor soveel meer as net kos.

Vandag help ek vroue om die patrone agter hul gewig te verstaan, emosionele eet te breek en weer beheer oor hulself te neem.

Certified Diet Coach

Certified Life Purpose Coach

Certified Trauma Informed

Somatic Weight Loss 

bottom of page